Wednesday, September 7, 2011

Boeke: Reuk van die Dood - Riana Mouton


Het nou gister ‘n goeie boek klaar gelees. Reuk van die Dood. Awesome boek en wys net weereens SA lesers hoef nie terug te staan vir enige iemand nie. Iemand is besig om jong vroue in Gauteng te ontvoer en te vermoor. Die moorde is onheilspellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor. Junior Scheepers is die speurder wat hom moet vang, maar hy het probleme van sy eie. Sy lewe val uitmekaar na sy egskeiding en indien hy nie daarin slaag om by sy eie donkerte verby te kom nie, gaan hierdie moordenaar nog heelwat skade aanrig. In die tradisie van die meesters van misdaadfiksie soos Ian Rankin, Deon Meyer, en Faye Kellerman, verskyn Riana Mouton triomfantlik as die eerste vroulike Suid-Afrikaanse speurromanskrywer met 'n uiters spanningsvolle debuut. Die tydsberekening is perfek, want die Suid-Afrikaanse misdaadfiksie-genre is tans geweldig gewild en word gereeld in resensies, artikels en forums bespreek. Spoorloos haar tweede boek is ook ‘n goeie lees en sy het net bewys dat dit nie first time lucky was nie.

1 comment:

  1. Wow, thanks Juan. Bly het het die boek geniet !
    Groete
    Riana Mouton

    ReplyDelete